Serena Williams

Serena Williams
Serena Williams tydens die Wimbledon-kampioenskap in 2015
Volle naam Serena Jameka Williams
Land Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Woonplek Palm Beach Gardens, Florida[1]
Geboortedatum 26 September 1981 (1981-09-26)[1]
Geboorteplek Saginaw, Michigan[1]
Lengte 1,75 m[1]
Afrigter Richard Williams (1994–2022)
Oracene Price (1994–2003)
Patrick Mouratoglou (2012–2022)
Eric Hechtman (2022)
Rennae Stubbs (2022)[1]
Begin professioneel Oktober 1995[1]
Afgetree September 2022[1]
Spelstyl Regshandig (tweehandig handrughou)[1]
Loopbaan-wengeld $94 816 730 (soos op 30 Januarie 2023)[1] (1ste van alle tye onder vroue-atlete en 4de van alle tye onder tennis-atlete)[2][3]
Amptelike webblad serenawilliams.com
Enkelspel
Loopbaanrekord 858–156 (84,6%)[1]
Loopbaantitels 73 WTA[1] (5de in algehele ranglys)
Hoogste rang No. 1 (8 Julie 2002)[1]
Grand Slam-uitslae
Australiese Ope W (2003, 2005, 2007, 2009, 2010, 2015, 2017)
Franse Ope W (2002, 2013, 2015)
Wimbledon W (2002, 2003, 2009, 2010, 2012, 2015, 2016)
VSA-Ope W (1999, 2002, 2008, 2012, 2013, 2014)
Groot toernooie
Toereindronde W (2001, 2009, 2012, 2013, 2014)
Olimpiese Spele Goue medalje (2012)
Dubbelspel
Loopbaan-rekord 192–35 (84,6%)[1]
Loopbaantitels 23 WTA[1]
Hoogste rang No. 1 (21 Junie 2010)[1]
Australiese Ope W (2001, 2003, 2009, 2010)
Franse Ope W (1999, 2010)
Wimbledon W (2000, 2002, 2008, 2009, 2012, 2016)
VSA-Ope W (1999, 2009)
Groot dubbelspeltoernooie
Olimpiese Spele Goue medalje (2000, 2008, 2012)
Gemengde dubbelspel
Loopbaan-rekord 27–4 (87,1%)
Loopbaantitels 2
Grand Slam-gemengdedubbelspeluitslae
Australiese Ope E (1999)
Franse Ope E (1998)
Wimbledon W (1998)
VSA-Ope W (1998)
Laaste opgedateer op: 30 Januarie 2023.

Serena Jameka Williams (gebore 26 September 1981 in Saginaw, Michigan) is 'n voormalige Amerikaanse professionele tennisspeelster. Sy is op vier afsonderlike geleenthede deur die internasionale Women's Tennis Association as die Wêreldnr. 1 gelys.[1]

Sy is die huidige Olimpiese vroue-enkelspelwenner en het reeds 37 Grand Slam-titels gewen: 23 in enkelspelle, 14 in dubbelspelle en 2 in gemengde dubbelspelle. Sy het ook vier Olimpiese goue medaljes in die dubbelspel vir vroue gewen. Sy is die mees onlangse speelster wat al vier Grand Slam-titels tegelykertyd gehou het (sewe Australiese, drie Franse Ope, sewe Wimbledon-kampioenskappe en ses VS Opes). Sy het meer Grand Slams as enige ander aktiewe speelster en ook meer prysgeld as enige ander sportvrou in die geskiedenis gewen.

Sy is die jonger suster van die voormalige Wêreldnr. 1 professionele vrouetennisspeler Venus Williams; die susters het sedert 1998 31 professionele wedstryde teen mekaar gespeel, waarvan Serena 19 gewen het. Sy word deur baie as een van die beste tennisspelers van alle tye beskou.

  1. 1,00 1,01 1,02 1,03 1,04 1,05 1,06 1,07 1,08 1,09 1,10 1,11 1,12 1,13 1,14 1,15 (en) "Serena Williams". Women's Tennis Association. Besoek op 30 Januarie 2023.
  2. (en) "Career Prize Money Leaders" (PDF). Women's Tennis Association. 30 Januarie 2023. Besoek op 30 Januarie 2023.
  3. (en) "Serena Williams". Forbes.com. Besoek op 30 Januarie 2023.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy